My Boetie se Sussie se Ou Bespreek kaartjies

Lefra Produksies en die AfriForum Teater bied aan
Ray Cooney se

My Boetie se Sussie se Ou

Vir oulaas op die planke: die laaste speelvak van Frans Swart se trefferklug.

Botha Enslin en Phillru van Achterbergh loer saam na ’n foon terwyl Marissa Claasen geskok wegkyk
Botha Enslin, Phillru van Achterbergh en Marissa Claasen

Farce at its best!

– MD Theatre Guide

Een pa. Twee vrouens. Twee gesinne. Twee tieners. Groot moeilikheid!

AfriForum Teater

30 Oktober @ 19:00 31 Oktober @ 15:00 1 November @ 15:00

Greenlyn Village Sentrum, Menlopark, Pretoria

Die storie

Twee huise, vier minute uitmekaar

As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ’n oomblik in John Smith se skoene: die Londense taxibestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne!

Agtien jaar later lei John steeds ’n perfekte dubbellewe. Mary woon in Highgate, Barbara in Finchley, en albei is dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Dis nou totdat Vicky, sy dogter by Mary, en Gavin, sy seun by Barbara, mekaar op die internet ontmoet. Hulle het baie in gemeen, selfs ’n pa met presies dieselfde naam: John Leonard Smith. En nou wil hulle mekaar persoonlik ontmoet.

Vir John is dit die begin van ’n nagmerrie. Saam met sy vriend Stanley Gardner volg skreeusnaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe. En wanneer Stanley se seniele pa, Dêda, vir ’n vakansie opdaag, is die gort behoorlik gaar.

Nikita Meyer en Botha Enslin in ’n toneel op die bank
Botha Enslin en Nikita Meyer
Phillru van Achterbergh met ’n snorkel en duikbril op, langs Danielle Britz
Phillru van Achterbergh en Danielle Britz

Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne.

Frans Swart, regisseur en vervaardiger

Rolverdeling

Wie is wie?

Een man, twee adresse. Hou die twee huishoudings uitmekaar, want John probeer.

John Smith

Phillru van Achterbergh

Taxibestuurder. Twee vrouens. Een geheim.

Highgate N6

Mary Smith

Marissa Claasen

John se vrou

Vicky Smith

Nikita Meyer

John en Mary se dogter

Finchley N3

Barbara Smith

Danielle Britz

John se ander vrou

Gavin Smith

Stefan Lötter

John en Barbara se seun

Die hulp (en die chaos)

Stanley Gardner

Botha Enslin

John se vriend, wat moet help lieg

Dêda

Justin Strydom

Stanley se seniele pa, op vakansie

Teks: Ray Cooney Regie en produksie: Frans Swart Lefra Produksies

Portret van die akteur Justin Strydom

Nuut in die rolverdeling

Justin Strydom as Dêda

Kykers ken hom as Gys in kykNET se Diepe Waters, ’n rol waarvoor hy in 2024 by die Silwerskerm-fees vir Beste Akteur benoem is.

Justin is een van Suid-Afrika se mees veelsydige akteurs, en sy wortels lê stewig op die verhoog. Hy het in onder meer Vettie! Vettie!, The Judas Kiss en Love! Valour! Compassion! gespeel, en is vir sy vertolking in Death of a Salesman vir ’n Vita-toekenning vir Beste Byspeler benoem. Op die skerm was hy ook in die kykNET-reeks Kruispad en die rolprent Wolf Wolf.

Vertonings en besprekings

Kies jou vertoning

  1. Vrydag

    30 Oktober

    Aandvertoning

    19:00

    Bespreek

    Verby

  2. Saterdag

    31 Oktober

    Middagvertoning

    15:00

    Bespreek

    Verby

  3. Sondag

    1 November

    Laaste vertoning

    15:00

    Bespreek

    Verby

Plek
AfriForum Teater
Greenlyn Village Sentrum, h/v Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark, Pretoria
Wys op die kaart
Kaartjies
Vanaf R230
Duur
Ongeveer 2 uur
Besprekings
LTickets.co.za
of skakel 011 815 3000

In samewerking met die AfriForum Teater, met die trotse ondersteuning van

  • Ambassador Execudrive
  • Britz Couriers & Removals
  • Changan
  • Feeste.net
  • Hollywood Costumes
  • LTickets
  • Lift Airlines
  • Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum
  • Mobilis Auto
  • RSG
  • Shereno Drukkers
  • Van Loveren-wyne